Die Kgalagadi-oorgrenspark, wat dele van die Noord-Kaap en Botswana insluit, is ’n gewilde besoekpunt wat natuurfotograwe die geleentheid gee om in uitgestrekte rustigheid wenfoto’s te neem. Geo Jooste, ’n bekroonde natuurfotograaf, het dié foto in die park geneem. Hy beskryf dit soos volg: “Prooi in die lug. Dié sekretarisvoël by Rooiputs het in die lug gespring om die insek by te kom.” Dié roofvoëls eet onder meer slange en klein soogdiere. Die sekretarisvoël word só genoem omdat sy kuifvere lyk soos die veerpenne wat kantoorwerkers in die 19de eeu agter hul ore geplaas het. Boonop skep sy vere die indruk dat hy ’n grys baadjie en swart broek dra.

Foto: Geo Jooste Credit: SYSTEM

You need to be Logged In to leave a comment.