Die aanlyn bewaringsorganisasie Africa Wild het onlangs die wenners in sy fotokompetisie vir 2021 aangewys. In die afdeling vir beste dierefoto het dié luiperdfoto van Patra Totzke van Duitsland die eerste plek verower. Sy het dit in die Krugerwildtuin geneem. ’n Luiperd het vroeër jare as ’n bergtier of tier bekend gestaan en is naas die tier, leeu en jaguar die vierde grootste groot kat. Hulle word as ’n byna bedreigde spesie geklassifiseer en is as beskermde diere verklaar. Luiperds is alleenlopende nagdiere en sal slegs deur die dag in gebiede jag waar hulle veilig voel. ’n Luiperd is bekend vir sy uitgeslape jagmetodes en sommige navorsers beweer dat die dier oor ’n redenasievermoë beskik.

Foto: Patra Totzke

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article