Die swartwitpens word deur sy wit pensgedeelte gekenmerk. Benewens dié wit het die bulle ’n swart pels, terwyl die koeie donkerbruin en die kalwers ligbruin is. Al gewonder wanneer is wildsbokke bulle en koeie, of ramme en ooie? Die skeiding is by die njala, waar gepraat word van ’n njala-bul, maar ’n njala-ooi. By alle wildsbokke groter as die njala, soos die koedoe en die eland, word van bul en koei gepraat