’n Loom laatmiddag in die natuur, wanneer die dag se hitte reeds gaan lê het, is verkwikkend vir die siel. Groen gras wuif met goue vingers in die somerbriesie, beloftes van reën wink op die horison, en ’n ligte verfhaal uit ’n reënboogkwas simboliseer die bestaan van die misterie wat die lewe kleur gee. Het jy ’n oorspronklike foto, 1 MB of groter, met ’n storie? Stuur dit na helena.barnard@media24.com

Foto: Jacques Jansen van Vuuren