’n Eerste Berg Bul-rodeo word op 9 April op die plaas Lyfontein naby Schmidtsdrift in die Kimberley-omgewing aangebied, waaraan verskeie gesoute rodeo-mededingers soos JJ Potgieter van Carolina in Mpumalanga (foto) gaan deelneem. Dapperes kan ’n bul of ’n perd aandurf, of deelneem aan die verskeidenheid perdesportsoorte wat aangebied word. Jana Shaw, ’n organiseerder, sê inskrywings sal nog tot Sondag (20/03) aanvaar word. Talle stalletjies sal op die geleentheid bedryf word. Shaw sê kampeerplek is ook beskikbaar. Besoek die Facebook-blad Berg Bul Rodeo vir meer inligting en om te sien wat toegang kos, of bel Shaw by 081-846-6936 om besprekings te doen, stalletjies te bekom of algemene inligting in te win.

Foto: Verskaf Credit: SYSTEM