Ná ’n naweek van deurdringende reën oor groot dele van die Noord-Kaap, sak die son in rooigoud oor ’n skoongewaste stuk aarde buite Kimberley. Elders in die wêreld is reddingswerkers in Turkye en Sirië onverpoos besig om oorlewendes in puin te soek ná erge aardbewings. Die dodetal is reeds hoër as 37 000. In Australië en Chili woed bosbrande, en in Nieu-Seeland berei inwoners hulle vir sikloon Gabrielle voor, wat na verwagting verwoesting gaan saai. Duisende huishoudings is reeds sonder elektrisiteit, met winde in die noorde van die land van tot 140 km per uur.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.