Die wildehond is die mees bedreigde spesie onder die groot karnivore in Suid-Afrika, met glo minder as 5 000 wat nog in die land voorkom. Die grootste aantal wildehonde in Afrika is in Botswana te kry. Dié dier, ook die geverfde hond of Afrika-jaghond genoem, is ’n genadelose jagter wat saam met ander in ’n trop jag en die prooi begin verskeur terwyl dit nog lewendig is. Die patrone in elke wildehond se pels verskil, en pels is oorwegend wit, geelwit, swart en bruin, met ’n verskeidenheid patrone. Hulle het net vier tone per poot.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article