Augrabies – “die plek van groot geraas” – doen sy naam tans behoorlik gestand en meer as 4 175 kumek het teen Maandag (27/02) met ’n groot gedreun en baie sproei in die lug in die ravyn afgestort. Genevieve Maasdorp, Sanparke-woordvoerder, het Maandag gesê drie van die uitkykpunte is tans om veiligheidsredes gesluit, asook die piekniekplek en enkele dele van die park. Twee uitkykpunte is egter steeds oop sodat die skouspel gesien kan word, asook die restaurant en ander dele van die park. Maasdorp stel voor dat besoekers sambrele, reënjasse, en beskerming vir kameras en selfone saambring, en skoene met nie-glip sole. Dagbesoekers hoef nie vooraf te bespreek nie.

Foto: Facebook/Sanparks Augrabies Falls National P Credit: SYSTEM