Saam met herfsblare, gee viooltjies en gesiggies tans kleur aan tuine. Albei behoort tot die Viola-genus en dié blomme lyk baie eenders. Viooltjies het kleiner blomme as gesiggies, en baie gesiggies het donker vlekke in die middel van die blom wat die “gesiggie” vorm. Albei is eetbaar, en kan ook dien as versiering op soetgebak, aldus ’n tuinrubriek in Tuis. Verwyder gereeld dooie blomkoppe om die vorming van nog blomme aan te moedig.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.