’n Duidelike teken dat herfs aangemeld het, is die wit, ligpienk en donkerpienk kosmos wat welig langs paaie in veral die Hoëveld in turfgrond met hoë absorpsievermoë gedy. Saad van dié plantspesie het die land tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) binne-in besmette perdevoer ingekom. Die plant kom oorspronklik van onder meer Argentinië. Kosmos word as onkruid beskou, en word plaaslik ook duiwel-in-die-bos en nooientjie-in-die-gras genoem. Dit behoort aan die familie Asteraceae, en die woord kosmos kom van die Griekse woord wat orde – met verwysing na die rangskikking van die blom se kroonblare – beteken. Die plant blom in Suid-Afrika in Maart en April.

Foto: Jacques Jansen van Vuuren

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article