Grade 1 first schoolday
Grade 1 learners at Staats Primary School in Kimberley. PHOTO: Helena Barnard

Netjies hare, splinternuwe skoolklere, blink skoene en yslike glimlagte was Woensdagoggend 14 Januarie by laerskole oor die provinsie heen te sien toe vanjaar se graad 1’s hul eerste amptelike skooldag beleef het.

NoordkaapBulletin shares these photos received from our readers. You may also send a photo of your 2026 Grade 1 learner to helena.barnard@novusmedia.co.za. Please include the learner’s name, surname and school.

Packed and ready to go: Nonkayiso Khani is ready to depart op her school career as a Grade 1 learner at the primary school of Hopetown High School. PHOTO: Supplied
Uitgevat in haar nuwe skooldrag en met ‘n kleurvolle haarrekkie, glimlag Tiffany Burger breed op haar eerste skooldag by die Laerskool Kathu. FOTO: Verskaf
Uitgevat en netjies staan Chawandre van Rooyen gereed om sy skoolloopbaan by die Laerskool Groblershoop te begin. FOTO: Verskaf
Ben Everts is ‘n graad een-leerder by die Laerskool Kathu. Voor sy eerste skooldag het Ben eers sy troeteldier, Zord, gegroet. (Foto onder). Hy en Zord, ‘n “bearded dragon”, is byna onafskeidbaar. Ben wil baie graag rugby in die skool speel sodat hy goed daarin kan wees om eendag ‘n Springbok-rugbyspeler te word. Hy hou blykbaar niks van die grys skoolbroeke nie, “want grys is ‘n lelike kleur,” sê hy. FOTO’s: Verskaf
Met netjiese haarstrikke en lang poniesterte is Lodine de Jager gereed vir haar skooljaar by die Laerskool Newton in Kimberley. FOTO: Verskaf
Uitgevat in hul nuwe skooldrag en met glimlagte is Kaitlyn Phillips en Janique van Wyk van die Intermediêre Skool Rosendal in Upington. FOTO: Verskaf
Ava Hudson, Refentse Bonokwane and Aria-Xae Trollip at the reading corner in their classroom at Staats Primary School in Kimberley. The children are very excited to begin their school careers in the class of teacher Roxanne Thomas. Thomas has been teaching Grade 1 since 2015 and also serves as departmental head of the Foundation Phase. She continues to enjoy witnessing children’s first significant year of formal education and loves their enthusiasm. PHOTO: Helena Barnard
Omphile Sebolai is joined by her father, Meshack Ramonnye, op her first school day at the Du Toitspan Primary School in Kimberley. Omphile says she wants to learn how to count, and wants to become a chef one day. Her sister is in Grade 3 in the same school. PHOTO: Helena Barnard
Twee nefies beleef saam hul eerste skooldag by die Laerskool Du Toitspan in Kimberley. Saam met Ashley Jacobs is haar seun Ejay Steyn (links) en sy nefie Uriel Ngobeza. FOTO: Helena Barnard
Netjies uitgevat in splinternuwe skoolklere en ‘n das is Rhekhina Gopanie, wie eendag ‘n dokter wil wees. By haar is haar ma, Valdene Gopanie. Rhekhina se twee sussies is reeds in dieselfde skool. FOTO: Helena Barnard
Neil Ferreira, Elené de Villiers en Kaede van der Watt is slaggereed vir hul skoolloopbaan by die Laerskool Eureka in Kimberley. Hulle kan reeds hul eie name skryf en wil graag binnekort ook hul vanne self skryf. FOTO: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article