’n Virtuele stap- of hardloopgeleentheid, asook ’n virtuele bergfietswedren, word op Saterdag 6 Junie deur Lion Roars, in samewerking met Run Walk for Life aangebied.
Vir die stap- of hardloopgeleentheid kan 5 km (R20) of 12 km (R50) afgelê word. ’n Trapmeul mag gebruik word.
In die fietswedren kan 12 km (R20), 30 km (R30) of 60 km (R50) gery word. ’n Gemonteerde oefenfiets mag gebruik word.
Elke deelnemer kan op sy eie tyd begin.
Om jou voltooide wedren aan te meld, moet ’n foto of skermgreep van jou toestel of app ná deelname, saam met jou naam, van en identiteitsnommer, voor 8 Junie per WhatsApp gestuur word. Vir die stap- of hardloopgeleentheid, gebruik 082-834-8499 en vir die fietswedren 071-070-8574.
Inskrywings kan van Woensdag (27/05) tot Vrydag 5 Junie om 10:00 by rwflkby.co.za gedoen word.
Almal wat die wedren voltooi, sal ’n medalje ontvang.
Rig navrae aan Jenny Uys by 083-834-8499 of Willem Uys by 071-070-8574.