‘n Fietsryer is in Carringtonweg aangeval.

Christiaan Cloete

Fiksheidsentoesiaste van die Diamantstad is gewaarsku om op hul hoede te wees nadat ’n 27-jarige man Dinsdagoggend (06/11) vroegoggend in een van Kimberley se spogstrate aangeval en van sy fiets en selfoon beroof is. Volgens die man se vrou, wat anoniem wou bly, het haar man vroeggend gaan fietsry toe drie gewapende mans hom omstreeks 04:50 by die kruising van Carringtonweg en Dalhamweg voorgekeer het. “Dit was donker gewees. Al wat hy kan onthou is dat drie gewapende mans met kappies van oorkant die straat op hom afgepeil het. “Hulle het hom van sy fiets af gestamp en daarna in ’n wit Opel Corsa gespring. “Al wat my man kan onthou is dat van die agterste ligte van die voertuig gewerk nie.” Volgens die vrou het haar man beserings aan sy elmboog, hande en heupe opgedoen. Volgens haar was hy alleen toe hy aangeval is. “My man was alleen toe dit gebeur het. Die aanvallers was met messe gewapen en het nie ’n bang haar op hul kop gehad nie. En jy moet weet, my man is ’n goot man,” het sy vertel. Noordkaap[ het onlangs ook berig oor ’n voorval waartydens vier vroueatlete van Kimberley in Carringtonweg voorgekeer en gedreig is terwyl hulle vroegoggend in Carringtonweg geoefen het. Dit het daartoe gelei dat ’n atletiekklub in Kimberl3y veiligheidswagte moes huur om drawwers op fietse te vergesel terwyl hulle oefen.

You need to be Logged In to leave a comment.