Francois Gerome Bok (35) is onlangs in die Upington-streekshof skuldig bevind aan die besit van vier ietermagog-huide.
Bok, ’n taxi-bestuurder, het op 17 Mei 2019 teen betaling die huide vir iemand na Upington vervoer toe sy voertuig voorgekeer en die huide gevind is.
Dié diere se voortbestaan is kritiek bedreigd en dit is onwettig om die diere, of selfs hul velle, te besit of te vervoer.
Bok is op elk van die twee aanklagte teen hom tot onder meer ’n boete van R50 000 gevonnis, of vyf jaar tronkstraf. Die boetes kan elk teen ’n maandelikse paaiement van R1 250 afbetaal word.

