Events

Latest Past Events

Yonder Hartsfees weer aangebied

Malu Park, Hendrik van der Bijl Str, Kimdustria, Kimberley, South Africa

Die Yonder Hartsfees vind by Malu-park op die Yonder-terrein in Kimdustria, Kimberley, plaas. ‘n Groot verskeidenheid feestelikhede word oor die dae aangebied, met opelugvertonings, kosstalletjies, ‘n pretpark met mallemeules vir die kinders, kompetisies, en meer. Dit dien as geldinsameling vir die Noord-Kaaplandse Geestesgesondheidsvereniging, waarvan Yonder deel is. Yonder bied opleiding in ‘n groot aantal werkswinkels […]

Victoria-Wes Toneelfees aangebied

88 Church Street , Victoria West, South Africa

Die Victoria-Wes Toneelfees vind in die Apollo-teater in die dorp plaas. Talentvolle amateur-akteurs van oor die Noord-Kaap heen tree op. Besoek Apollo Theatre Victoria West op Facebook vir meer inligting.

Rolprente, vertonings in Apollo-teater, Victoria-Wes

88 Church Street , Victoria West, South Africa

Geniet ‘n verskeidenheid rolprente in die Apollo-teater, met sy unieke art deco-styl, in Victoria-Wes. Die rolprente is geskik vir alle ouderdomsgroepe. Op 16 Julie tree Jannie du Toit in die magiese vertoning, De Wals van de Liefde, op.