4 September 2025 @ 09:00 – 7 September 2025 @ 17:00
Die Yonder Hartsfees vind by Malu-park op die Yonder-terrein in Kimdustria, Kimberley, plaas. ‘n Groot verskeidenheid feestelikhede word oor die dae aangebied, met opelugvertonings, kosstalletjies, ‘n pretpark met mallemeules vir die kinders, kompetisies, en meer. Dit dien as geldinsameling vir die Noord-Kaaplandse Geestesgesondheidsvereniging, waarvan Yonder deel is. Yonder bied opleiding in ‘n groot aantal werkswinkels vir volwasse persone met verstandelike gestremdhede.
+27 53 110 0260
yonderhartsfeeskby@gmail.com



