June 13 @ 08:00 – June 15 @ 17:00
‘n Nasionale sowel as ‘n internasionale toutrek-kampioenskap vind hierdie week in Kimberley plaas.
Die ope Suid-Afrikaanse klub senior toutrek-kampioenskap vind op Vrydag 13 Junie en Saterdag plaas.
Op Sondag 15 Junie vind ‘n geslote internasionale kampioenskap plaas. Spanne van Suid-Afrika, Lesotho, Zimbabwe, Ghana en Ierland sal meeding.
Meer as 130 spanne in die verskillende gewigsafdelings gaan na verwagting deelneem.
Die byeenkoms vind by die gasheerklub, die Pirates Toutrek-klub te Jacobus Smithlaan 30 in New Park, Kimberley, plaas. Noord-Kaap Toutrek is die gasheer.
‘n Klein bedrag vir toegang is betaalbaar en verversings word te koop aangebied.
