Die derde duiweveiling, waarin gebie word op wedvlugduiwe wat vanaf Touwsrivier na Hopetown vlieg, vind Woensdag (21/09) om 19:00 plaas.
Die duiwe vlieg op Saterdag 24 September oor ’n afstand van ongeveer 520 km.
Die veiling word ten bate van die Oranjehof-koshuis van die Hoërskool Hopetown aangebied. Prysgeld beloop 40% van die algehele inkomste. In 2021 was die prysgeld ongeveer R30 000, terwyl die koshuis R35 000 ontvang het.
Vir meer inligting, stuur ’n WhatsApp-boodskap aan Munnik Botha by 065-862-3286.

