Drie in die saal vir Noord-Kaap

Drie leerlinge aan die Hoërskool Upington is in die Noord-Kaap-ruiterkunsspan ingesluit.


Drie leerlinge aan die Hoërskool Upington is in die Noord-Kaap-ruiterkunsspan ingesluit.

Hulle sal van 24 tot 28 Januarie aan die nasionale ESSASA proewe in Bloemfontein deelneem.

Al drie die leerlinge, Toanita Strauss, Jessi Wessels en Nicola de Waal, sal in die driegang meeding.

Nicola sal ook in die vyfgang deelneem.

Sy is ook as die kaptein van die Noord-Kaap-span gekies.

You need to be Logged In to leave a comment.