Drie gewese werknemers van Griekwaland-Wes Koöperatief Beperk (GWK) is verlede week Donderdag op ses aanklagte van korrupsie en ses aanklagte van geldwassery skuldig bevind en in die hof vir ernstige handelsmisdaad in Kimberley gevonnis.

George Wheeler (62), Johannes Lodewykus Kruger (62) en Rudolph Kemp (49) is elk tot tien jaar tronkstraf gevonnis wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is.

Hulle moet ook ’n verdere drie jaar korrektiewe toesig uitdien, sê kapt. Tebogo Thebe, Valke-woordvoerder.

’n Dagvaarding is in Junie 2021 deur die Valke se ondersoekspan teen ernstige korrupsie in Kimberley aan die beskuldigdes beteken.

Die drie het van 2014 tot 2016 saamgespan met ’n werknemer van AG Equipment Direct LLC om pryse op kwotasies vir toerusting op te jaag.

Die Valke het in hul ondersoek vasgestel dat die drie GWK met R5 miljoen bedrieg het, wat hulle onderling verdeel het.

  • Die drie het skuld beken en is soos volg gevonnis: Wheeler het sy pensioen van R438 410,93 aan die strafregtelike bateherwinningsrekening (Cara) verbeurd verklaar en ’n bykomende R200 000 aan Cara betaal;) Kruger het sy pensioengeld van R833 195,34 verbeurd verklaar en moet ’n bykomende R200 000 voor of in Desember aan Cara betaal; en) Kemp het sy pensioengeld van R531 269,36 verbeurd verklaar en moet ook ’n bykomende R200 000 voor of in Desember aan Cara betaal.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article