Heelwat kosskenkings, asook R1 480, is Saterdag (27/05) deur die Kimberley Harriers-hardloopklub in Kimberley ingesamel as deel van sy betrokkenheid by World Hunger Day, wat Sondag plaasgevind het. ’n Verteenwoordiger van dié klub sê al die kontant en kosvoorraad is geskenk aan die nie-winsgewende organisasie Northern Cape Meals on Wheels, wat daagliks etes aan ongeveer 4 000 mense in Kimberley en omstreke verskaf. Dit was die vierde jaar dat die klub die insameling doen. Die insamelingspunt was by die Engen-vulstasie in Oliverstraat waar atlete ná hul oggenddrafsessie ’n skenking gedoen het. By van die atlete, klublede en personeel van Meals on Wheels is onder andere Ria Janse van Vuuren (sekretaresse van die Kimberley Harriers Running Club) en Jackie Slabbert (Meals on Wheels), wat onderskeidelik vierde en derde van regs staan.

Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article