Johan Myburgh van Upington Dorp in aksie teen Sishen. Voor hom is Gerhard Roux en Ivandre Knoetze van Sishen. Foto: Odette Kruger


Die afgelope Saterdag (25/05) het twee spanne uit die ZFM-Sub-unie aan die Tafel Lager-Superliga deelgeneem. Die United-rugbyklub het na Kimberley gereis om teen Kimberley-rugbyklub uit te draf. Ongelukkig het die tuisspan die stryd gewen met 54 – 32.

Die Upington Dorp-rugbyklub het die Sishen-rugbyklub gepak op die Sivos-sportterrein in Kathu.

Die wedstryd is afgeskop met Sishen wat sommer vinnig-vinnig agter die doellyn gaan draai het.

Upington Dorp het kort daarna weer geantwoord met twee drieë om met 12 – 7 voor te loop. Teen rustyd het die telbord gelykop gestaan met 19 punte elk.

In die tweede helfte is Sishen se Tiaan Dippenaar gestraf met ’n geel kaart ná ’n gevaarlike duikslag. Die manne van Kathu het voorgeloop met ’n telling van 31 – 19 toe Upington Dorp se Theuns Kotze, Frans Kanuni en Venter Scholtz elkeen nog ’n draai agter die pale kon gaan maak. Met fases het die tuisspan vergeefs nog ’n drie aangeteken. Upington Dorp het, ná ’n sewe- jaar-droogte op die Sivos-velde, ’n oorwinning van 40 – 38 behaal.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article