Dorp behaal oorwinning na Sew

Die afgelope Saterdag (25/05) het twee spanne uit die ZFM Sub-unie aan die Tafel Lager Superliga deelgeneem. United Rugbyklub het na Kimberley gereis om teen Kimberley Rugbyklub uit te draf. Ongelukkig het die tuisspan hierdie stryd gewen met 54-32.

Die Upington Dorp Rugbyklub het vir Sishen Rugbyklub gaan pak op die Sivos Sportgronde in Kathu.

Die wedstryd is afgeskop met Sishen wat sommer vinnig-vinnig agter die doellyn gaan draai het.

Upington Dorp het kort daarna weer geantwoord met twee drieë om 12-7 voor te loop. Teen halftyd het die telbord gelyk gestaan met 19 punte elk.

In die tweede helfte was Sishen se Tiaan Dippenaar gestraf met ’n geelkaart na ’n gevaarlike duikslag. Die manne van Kathu het voorgeloop met ’n telling van 31-19 toe Upington Dorp se Theuns Kotze, Frans Kanuni en Venter Scholtz elkeen nog ’n draai agter die pale kon gaan maak. Met fases het die tuisspan tevergeefs nog ’n drie aangeteken. Upington Dorp het, na ’n 7 jaar droogte op die Sivos velde, ’n oorwinning behaal van 40-38.

You need to be Logged In to leave a comment.