Hesmarie van der Linden het vir dié kas van 70 jaar oud ’n nuwe baadjie aangetrek.


Hesmarie van der Linden

Hesmarie van der Linden het vir dié kas van 70 jaar oud ’n nuwe baadjie aangetrek.

Wat is nou lekkerder as om iets te besit wat sentimentele waarde het?

Deesdae kry ons enig iets wat ons wil hê met die klik van ’n knoppie. Maar om iets te besit waarmee ons grootgeword het, wat sentimentele waarde het, is soveel meer spesiaal.

En wat ’n vreugde om so ’n besitting self weer nuwe lewe te gee.

Hesmarie van der Linden het stapsgewys verduidelik hoe sy ’n kas van sowat 70 jaar oud ’n nuwe baadjie gegee het.

Die volgende produkte is gebruik:

  • houtvuller;
  • klein teëltjies;
  • krytverf;
  • skuurpapier;
  • Pattex No more Nails-gom; en
  • akriel-silikon.

Sy het eerstens die kas sorgvuldig skoongemaak en afgevee. Gelukkig was dit baie mooi opgepas.

Daarna het sy gaatjies reggemaak deur die letsels met houtvuller te vul.

Nadat die houtvuller droog was, het sy dit met skuurpapier geskuur.

Sy het krytverf, in Red Velvet en Olive Charm, na wense aangewend.

Die oorspronklike horlosie-knoppe is net mooi skoongemaak en weer teruggesit. Die horlosie is nog in werkende toestand.

Sy het die teëltjies met Pattex se No More Nails-gom geplak en akriel-silikon tussen die teëls gebruik.

“Ek is trots om te kan sê hierdie kas is myne; trots dat dit onder my hande nuwe lewe gekry het,” sê van der Linden.

  • Het jy in die inperking ’n soortgelyke projek aangepak? Stuur dit na ontvangs@­lckur.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.