“Moerstaãl is ’n metafoor vir so baie dinge,” sê die skrywer, musikant en Khoena-aktivis Loit Sõls oor sy vierde bundel, wat hy as “skryf-stills” pleks van gedigte bestempel.
In Moerstaãl skryf hy oor sy voorouers, die eerste nasie aan die suidpunt van Afrika – die Khoena.
Hy skryf op ’n manier en in ’n woordeskat wat verryk is met ’n lewegewende taal wat gelyk gestel word aan ’n ma. Die lewegewende moederfiguur wat onderdruk en misken is, en wie se bydrae, soos dié van die taal, deur die skryf-stills herstel word, staan sentraal in die boek.
Een van die redes waarom hy die boek op ’n onkonvensionele manier geskryf het, is om mense wat Afrikaans nie noodwendig op die standaardwyse spel nie, aan die skryf te kry.
– Candice Jantjies, Netwerk24
- Een leser van NoordkaapBulletin staan ’n kans om die bundel te wen. Stuur jou naam, van, waar jy bly en kontaknommer voor of op Maandag (26/09) na noordkaap@media24.com.


