As Dinsdag dalk effe agterstevoor en onderstebo gevoel het, pak gerus die skuld op die almanak.
Die datum 22 Februarie 2022 was besonders in die sin dat wanneer ’n mens dit in die numeriese styl volgens Europese skryfwyse uitskryf, 22/02/2022, die volgorde van die syfers van voor na agter en van agter na voor presies dieselfde is.
’n Perfekte palindroom dus.
In die ganse 21ste eeu sal slegs 29 datums aan die vereistes vir ’n agtsyfer-palindroom voldoen.
Al dié datums val in Februarie, en die vorige een was op 12 Februarie verlede jaar – 12/02/2021. Dit sal die volgende keer op 3 Februarie 2030 gebeur.
– Zigi Ekron