Desperaat vir kos

Tonele van kinders wat op die vullisterrein by Calvinia soek na kos het mense hewig ontstel. Inwoners is woedend omdat kospakkies van die regering glo nie op voetsoolvlak uitkom nie. Volgens Stanley Peterson, leier van die Khoisan Revolusie-party, wat foto’s van dié tonele op die sosiale media geplaas het, sê die kinders grawe hier na…


covid-19

Tonele van kinders wat op die vullisterrein by Calvinia soek na kos het mense hewig ontstel. Inwoners is woedend omdat kospakkies van die regering glo nie op voetsoolvlak uitkom nie. Volgens Stanley Peterson, leier van die Khoisan Revolusie-party, wat foto’s van dié tonele op die sosiale media geplaas het, sê die kinders grawe hier na kos omdat hulle verskriklik honger is. Volgens Peterson het mans wat ook by die vullisterrein na kos gesoek het, gesê hulle kan weens die staat van in­perking nie gaan werk nie. Hulle sê ook raadslede wou nie vir hulle kospakkies gee nie. Foto: Facebook

You need to be Logged In to leave a comment.