Michael de Bruyn van Tadcaster, vanjaar se wenner in die Matrikulant van die jaar-kompetisie, is die derde Noord-Kapenaar wat dié titel verwerf.
Ancia van Schalkwyk van die Hoërskool Martin Oosthuizen in Kakamas het in 1994 in die kompetisie gewen. In 2001 het Paul Liebenberg van die Hoërskool Duineveld in Upington gewen.
Die Matrikulant van die jaar-kompetisie is vanjaar ’n 42ste keer aangebied. Enige matriekleerling van oor die land heen, wat aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) wil studeer, mag deelneem.

