Delwers van Kimberley sal more
aan ’n optog deur Kimberley se strate deelneem om ’n memorandum aan die premier
van die Noord-Kaap, die burgemeester van Kimberley en die department van
minerale hulpbronne te oorhandig.

 

Die delwers sal om 08:00 by die
Kemo-hotel ontmoet en van daar af deur Quinnstraat na die premierskantoor stap.
Van daar af sal hulle reguit aan stap tot by die Burger King, verby die Oppenheimertuin
en reguit na die Sol Plaatje-munisipaliteit.

 

Die verrigtinge behoort teen
13:00 klaar te wees.

You need to be Logged In to leave a comment.