NoordkaapBulletin
publiseer nuus oor mense, klubs, projekte, organisasies en stokperdjies uit die 23 dorpe en streke waar die koerant versprei word.

Stuur nuus, asook foto’s, na helena.barnard@media24.com en meld die voorname en vanne van die mense op die foto’s. Die beskikbare ruimte in die koerant sal die lengte van die uiteindelike berig bepaal.

Die gratis elektroniese nuusbrief van die publikasie, wat op die laaste Vrydag van elke maand per e-pos versprei word, is die ideale platform om nuus en geleenthede wyd bekend te maak. Dit kan op rekenaars of selfone gelees word. Om dit te ontvang, stuur e-pos na noordkaap@media24.com.

Nog ’n deel van NoordkaapBulletin se digitale voetspoor is die Facebook-blad Noordkaap koerant, wat deur meer as 54 000 volgelinge besoek word, en daagliks groei. Op die Facebook-blad word die nuutste nuus daagliks geplaas.


NoordkaapBulletin
is sedert September 1982 ’n betroubare nuusbron in die Noord-Kaap – die gratis gedrukte koerant waarvan 35 000 kopieë elke Donderdag verskyn, saam met sy Facebook-blad en nuusbrief, bied ’n ideale geleentheid om enige onderneming se sigbaarheid te vergroot.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article