Ons is opgewonde oor die interessante lesers in ons verspreidingsgebied.
Daar is skrywers, digters, mense met vreemde stokperdjies, mense met unieke talente en welwillendheidsorganisasies wat hulle elke dag beywer om mense in ons gemeenskappe te help. Vertel ons jou storie. Dit mag dalk vir jou te klein of te onbelangrik klink, maar nie vir die Kalahari Bulletin nie.
Kontak vir Alzane Narrain by alzane.narrain@24.com. Jy kan ook ’n boodskap op Kalahari Bulletin se amptelike Facebook-blad plaas.
Ons plaas ook graag jou instelling, skool of kerk se dagboekgebeure gratis.