Die niewinsgewende organisasie Hope is Here Kathu het onlangs nog ’n uitreik-projek na gemeenskappe by Kathu-plaas en Mapoteng gelei. Lizelle Lourens van die organisasie sê benewens die doelwit om uit te reik, kameraadskap te vestig en die behoefte te bepaal, het sy en talle vrywilligers ook kos en koeldrank uitgedeel. “Daar is soveel nood daar buite,” sê Lourens. Hope is Here bied op 22 Oktober ’n gholfdag by die Kalahari-buiteklub aan om geld vir sy uitreik-projekte in te samel. Bel Lourens by 079-126-1630 vir meer inligting.

Foto: Verskaf Credit: SYSTEM