’n Herfsteeparty is onlangs vir die inwoners van die Minerva Gardens-aftreeoord in Kimberley aangebied. Marlene Delport, ’n afgetrede bevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens en maatskaplike werker, was die spreker op die geleentheid op 17 April. Sy het oor hoop gepraat en onder meer gesê dat ’n mens se optrede van so ’n aard moet wees dat ander hoop daaruit kan put. Die teeparty is deur die lede van die Minerva-komitee gereël. ’n Soortgelyke geleentheid vind kwartaalliks plaas.

Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article