Met die draai van die seisoen kan gaste hierdie naweek op die maat van die Klipwerf-orkes se boeremusiek dans, en ook aan ‘n driegangmaaltyd weglê.
Dié geleentheid vind op Saterdagaand 17 Mei van 18:00 tot 24:00 by die Laerskool Eureka in Klisserweg, Kimberley, plaas.

Dit word deur die NG kerk Bakenskop, in samewerking met die laerskool, aangebied en dien as ‘n geldinsamelingsgeleentheid vir die kerk.
- Kaartjies is teen R300 per persoon beskikbaar, of teen R2 400 vir ‘n tafel. Skakel 082 905 8107 om kaartjies te bespreek.
Skietkompetisie aangebied
Die Haak-en-Steek-skietkompetisie, met groot pryse op die spel, word ook Saterdag deur die NG kerk Bakenskop aangebied.
Dit vind van 07:30 tot 13:00 op die plaas Naauwpoort by Heuningskloof, Modderrivier, plaas. Skuts 18 jaar en ouer kan hulle inskryf.
- Skakel 082 490 9680 of 060 970 5000 om te registreer, en vir meer inligting.
You must be logged in to post a comment.