Gemeenskapsgeskiedenis van Daniëlskuil is nou verewig in die boek Daniëlskuil – ’n Skatkis vol Stories, geskryf en saamgestel deur prof. Doreen Atkinson van die Karoo Ontwikkelingstigting.

Dié boek, wat vroeg Maart bekend gestel is, het ontstaan uit ’n belangstelling in die grafte van die Kuilsville-begraafplaas in die dorp, en die boek is “ryk aan verslae van gewone mense”.

Die meeste van dié ou grafte het nie grafstene nie.

Vrae soos wie lê daar begrawe, wat was hul stories en wie is hul nageslag, het tot die boek se totstand­koming bygedra. Atkinson het dié en ander vrae met die hulp van kollegas en plaaslike helpers beantwoord, mondelings geskiedenis ingesamel en rekords in kerk-argiewe geraadpleeg. Dit is deur die ondersteuning van die Nasionale Erfenisraad moontlik gemaak.

Beperkte kopieë is vir die eerste oplaag gedruk. Die boek is gratis in PDF-formaat beskikbaar totdat die volgende harde kopieë gedruk is.

  • Belangstellendes wat ’n harde kopie wil bekom (ongeveer R200), kan hul besonderhede per e-pos na doreen@karoofoundation.co.za stuur of dit in ’n boodskap op WhatsApp na 071-401-2583 stuur.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article