Dié bondige inskrywings, van gebeure oor die hele Noord-Kaap heen, word gratis deur NoordkaapBulletin geplaas.
NoordkaapBulletin neem nie verantwoordelikheid indien ’n geleentheid kanselleer word en die organiseerders van sodanige geleentheid nie die publikasie in kennis stel om die inskrywing te verwyder nie.
Om jou geleentheid in die dagboek te publiseer, stuur inligting na helena.barnard@media24.com
19 Mei
Die musiekgroep Rooksein tree om 19:00 op by B & H Diesel, 35km vanaf Kimberley langs die N12 in die Modderrivier-omgewing, ten bate van die Jacobsdal-ruiterklub. Skakel 083-304-7884.
20 May
Ensembles of the Kimberley Academy of Music (KAM) is in concert with the Bloemfontein Children’s Choir. The concert commences at 19:00 in the St Cyprians Cathedral in Du Toitspan Road, Kimberley. Tickets can be purchased at the door, or at Dial-a-Bake in the North Cape Mall.
26 May
A Sip and Paint event takes place from 18:00 to 19:30 at the Big Hole, Kimberley. Find out more and book tickets by sending a WhatsApp message to 082-309-7885.
A Big Hole Ghost Tour takes place at the Big Hole from 19:30. Find out more and book a place by sending a WhatsApp message to 082-309-7885.
27 May
Kimberley Markets present their monthly market at the Big Hole in Kimberley. Buy a Father’s Day gift at the market. Dial 082-309-9056 or 082-309-7885.
3 Junie
Die gemeente van die NG kerk Ritchie bied sy basaar van 09:00 af op die kerkterrein aan. Ritchie is ongeveer 40 km vanaf Kimberley.
Die Gereformeerde kerk in Schröderstraat in Upington bied vanaf 09:00 tot 13:00 ‘n verkoping van basaargeregte aan.
21 Junie
Bok van Blerk tree om 19:00 by The Fire-restaurant in Kimberley op. Die optrede is ten bate van Destiny House, ‘n plek van veiligheid vir babas en kleuters. Kaartjies is by iTickets beskikbaar, of skakel 083-445-6025.
23 en 24 Junie
Die Victoria-Wes-wildsfees en -duiwewedvlug vind op die skouterrein plaas. Besoek die Facebook-blad Victoria-Wes Wildsfees & Duiwe Fly-inn vir meer inligting.
1 Julie
Die Volle Evangeliekerk van God, in die hoofstraat van Keimoes, bied sy basaar aan. Eetgoed is te koop, en vermaak vir die kinders beskikbaar.
8 Julie
Die Askham-boeresport-geleentheid vind plaas. ‘n Verskeidenheid produkte word by talle stalletjies verkoop, en Willem van der Ryst gaan onder andere optree. Besoek die Facebook-blad Askham Boeresport.
31 Augustus tot 3 September
Die Yonder Hartsfees vind in Kimberley plaas. Aansoeke vir stalletjies word ingewag. Kontak Maatjé Brand per WhatsApp by 082-260-2181, of besoek die Facebook-blad Yonder Hartsfees.
28 tot 30 September
Die Kalahari-kuierfees vind in Upington by die Desert Palace Resort plaas. Besoek die Facebook-blad Kalahari Kuierfees vir meer inligting.
6 en 7 Oktober
Die Namakwa Woeskusfees vind by Die Houthoop by Kleinzee plaas. Stalletjies kan nou reeds bespreek word. Besoek die Facebook-blad Namakwa Woeskusfees vir meer inligting.
27 tot 29 Oktober
Die Koeistal-mark, as deel van die jaarlikse Kelrn MTB Classic-byeenkoms, vind op die plaas Holsdam buite Barkly-Wes plaas. Bespreek jou stalletjie deur Joy de Kock by 082-450-7912 te bel.


