3 Junie
’n Aandmark word van 18:00 tot 22:00 deur die Olyvenhoutsdrift-Voortrekkerkommando op sy terrein in Bultstraat, Upington, aangebied. ’n Kinderfliek word gratis vertoon. Belangstellendes kan die kommando se Facebook-blad vir meer inligting besoek.
3 en 4 Junie
Die NG kerk Newton in Kimberley hou Vrydag van 12:00 af en Saterdag tot 15:00 basaar. ’n Veteraan- en “street rod”-motorskou vind ook plaas.
4 Junie
Die NG kerk Olifantshoek hou om 09:00 basaar op die kerkterrein. ’n Verskeidenheid basaar-gunstelinge is te koop.
24-28 Augustus
Die Yonder Hartsfees in Kimberley word vir dié tydperk beplan. Meer inligting rakende die fees sal binnekort bekend gemaak word.

