Die Namibiese rugbyspeler Theuns Kotzé en sy niggie, Kayla Esterhuizen (9), het die halfmarathon van die virtuele Comrades-wedloop in Upington voltooi. Foto: Verskaf


Van Upington, tot so ver soos doer by Raap-en-Skraap, het drawwers op Sondag 14 Junie aan ’n virtuele Comrades-wedloop deelgeneem.

Nie eens die ysige koue, met die kwik wat op plekke tot by -9 °C gedaal het, kon gees­driftiges keer om aan dié gesogte en uitmergelende wedloop deel te neem nie.

In Upington het die Namibiese rugbyspeler Theuns Kotzé saam met sy negejarige niggie, Kayla Esterhuizen, die half­marathon aangepak.

“Ek het nie gedink sy gaan klaarmaak nie. Dit was bitter ver en bitter koud. Ek is so trots op my kind,” sê Kayla se ma, Christine.

Monica Schoeman van die plaas Raap-en-Skraap, op die randjie van die Richtersveld, het 45 km aangedurf.

Sy sê al is sy lekker seer, het sy erger verwag. Schoeman het die wedloop in 6:12:53 voltooi en sê sy sal dit weer doen.

Theuns Kotzé

Die Namibiese rugbyspeler Theuns Kotzé en sy niggie, Kayla Esterhuizen (9), het die halfmarathon van die virtuele Comrades-wedloop in Upington voltooi. Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.