Na die goeie reën wat oor die land heen geval het, is die Augrabieswaterval ’n skouspel om te sien. Die dreunende watermassa wat in die diep ravyn afstort, is die oorsprong van die naam Augrabies, wat “die plek van groot geraas” beteken. Die Oranjerivier – die langste rivier in Suidelike Afrika met ’n lengte van ongeveer 2 432 km – wat in die Lesotho-berge ontspring, is die hoofbron van water vir die valle. Die Vaal- en die Caledonrivier se water vloei ook in die Oranjerivier in, wat by Alexanderbaai uitmond. Dagbesoekers is steeds welkom om die Augrabieswaterval te besoek, en die park is nié toe vir besoekers soos wat oor sommige sosialemediaplatforms beweer word nie. Het jy ’n foto, wat groter as 1 MB is, met ’n storie daarby? Stuur dit na helena.barnard@media24.com

Foto: Namakwa Toere

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article