Futloos, meer geneig tot mistroostigheid, ongewoon moeg, die ervaring dat jou slaap- en eetpatroon ontwrig is . . . As dit is hoe die winter jou laat voel, is dit waarskynlik weens die meer as drie uur per dag dat die son minder skyn as in die somer. Volgens talle bronne lei baie mense in die winter aan seisoenale gemoedsversteuring, wat hierdie simptome aanwakker. Terwyl talle dierspesies hul aktiwiteite in die winter afskaal, of selfs hiberneer, wil die mens glo dat hy teen die seisoenveranderinge immuun is – terwyl dit nie die geval is nie. Noudat die son reeds vroeër opkom, en ’n paar minute later sak as in die middel van die winter, voel ’n mens meteens meer energiek en positief. Tista Ray het geskryf: “When sun shines, it not only brightens our day Credit: SYSTEM