Dié huis in Bridgestraat in Monumenthoogte, Kimberley, staan dié tyd van die jaar as die “Liggiehuis” bekend. Inwoners van oor die hele stad kom saans na die huis aangestap of aangery, en vertoef om die Kersliggie-skouspel te geniet en hul kinders of kleinkinders te wys. Die eienaar van die huis, Graham Andrews, sê dat hy reeds amper 30 jaar die buitekant van sy huis met Kersliggies versier. Hy vertel dit is met sy kleinkind se koms begin, en elke jaar het die liggies meer geword. “Dit is vir my lekker om te sien hoe kinders die liggies geniet,” vertel hy. Dit neem ongeveer ’n maand om al die liggies – oral in die ruim hoektuin, aan bome, en ook aan die huis se buitemure en op die dak – op te sit en te koppel. Dié Kersliggies word gewoonlik van 13 Desember tot 13 Januarie aangeskakel. Die tye wat dit aangeskakel word, wissel. Meestal word dit aangeskakel wanneer dit donker is, en teen 23:00 afgeskakel, en naweke meestal teen middernag.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article