Ná die eerste lentereën lewer die andersins onopvallende wildegranaat, Karoo-goud of kortdoringgranaat (Rhigozum brevispinosum) ’n skouspelagtige vertoon van goudgeel trompetagtige blomme. Die Otjiherero naam vir die wildegranaat, “omuporapingo”, beteken “makes the heart jump with happiness,” wat ’n verwysing na die treffende blommeprag is, aldus namibian.com.na. Die struik, wat in sekere streke tot 3 m hoog groei, is tuis in droë bos- of rotsagtige gebiede. Wild vreet graag aan die nuwe takkies en blare, en by die Rooifonteinwildsplaas buite Kimberley wil dit voorkom of die struik geneig is om tussen die takke van ander bome te groei, wat beskerming aan die struik bied.

Foto: Jacques Jansen van Vuuren