Drie Nigeriese burgers wat glo saamgesweer het om sekere polisielede van Upington te vermoor en een se vrou te verkrag, het borgtog in die streekhof in Upington ontvang.

Borgtog van R10 000 elk is op Woensdag 25 Oktober aan Paul Ogor Ndudiokwe (46), Obinna Igbokwe (39) en Kenneth Ozor Onurarah (53) toegestaan, sê Mojalefa Senokoatsane van die Nasionale Vervolgingsgesag.

Hulle is drie van sewe verdagtes wat op 15 Oktober in hegtenis geneem is nadat hulle glo by ’n huis in Upington saamgesweer het om die polisielede te vermoor omdat dié hulle gereeld in hegtenis neem weens die besit van, of handel in, dwelms. Dit veroorsaak glo dat hulle geld en besigheid verloor.

Hoewel die staat die borgtog­aan­soek teengestaan het, is dit met voorwaardes toegestaan. Die beskuldigdes mag nie kontak met staatsgetuies maak nie en moet hulle twee keer per week by die naaste polisie­kantoor aanmeld, sê Senokoatsane.

Die saak is na 11 Desember uitgestel.

Kenneth Ozor Onurarah

Paul Ogor Ndudiokwe

Obinna Igbokwe

You need to be Logged In to leave a comment.