Die 16de Boekbedonnerd-fees vind van 31 Oktober tot 2 November in Richmond in die Noord-Kaap plaas.

Boekliefhebbers kan uitsien na voorlesings deur skrywers, asook om nuwe stemme in die letterkunde te ontdek.

’n Paar internasionale skrywers sal virtueel teenwoordig wees, onder meer Shehan Karunatilaka van Sri Lanka wat in 2022 die Bookerprys vir sy roman The Seven Moons of Maali Almeida gewen het, asook die Nigeriese skrywer en digter Ben Okri, en die Ierse skrywer John Banville.

Werksessies en kulturele aktiwiteite word aangebied, onder meer ’n werksessie om boeke te bind.

Die Richmond Mile-straatwedloop word aangebied, en trompoppies, en straat- en rieldanse sal te sien wees.

Die Richmond Razzmatazz sluit die fees op 2 November af.

Die feesstigter, Darryl David, sê dit is meer as net ’n fees; dit is ’n viering van boeke en lees.

Besoek die fees se Facebook-blad vir meer inligting.

Kelly-Lee Ohlson

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article