In warmrooi-kleure blom die enkele koraalbome wat in Kimberley voorkom. Soos met talle ander bladwisselende bome verskyn die blomme laat Augustus of vroeg September, gevolg deur die boomblare. Die nektarryke blomme is ’n aantrekkingskrag vir skoenlappers en bye. Koraalbome gedy in warmer streke, maar kan met sukses in winterrypgebiede geplant word. Die boom se rooi en swart sade in ’n peul lyk soos ’n string krale. Dele van die boom het talle medisinale gebruike.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article