Die strelitzia reginae, ’n bekende eksotiese blom, word ook die kraanvoëlblom genoem. Uit die harde snawelvormige blomskede verskyn die oranje en diepblou, byna pers, blare. Die blomskede vorm baie nektar, waaroor veral suikerbekkies gaande is. Hulle blom in die lente tot laatsomer en het min aandag nodig. Die blomme is ook gewild in formele blommerangskikkings.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article