‘n Hele paar nuwighede wag op besoekers aan vanjaar se Bloemskou, wat op Vrydag 25 April begin.

Van die nuwighede is gratis WiFi wat op die terrein beskikbaar sal wees. Besoekers kan hul ook met ‘n QR-kode oriรซnteer waarmee hulle na punte op die skouterrein kan beweeg deur die kaart op hul slimfoon te volg.

Op 30 April kan besoekers aan ‘n eksklusiewe Midnight Madness-geleentheid deelneem. Die pretpark sal dan van 22:00 tot middernag oop wees.

By die Rooms on View kan besoekers dekor-inspirasie vir die huis kry, en ook meer oor die nuutste tegnologiese uitvindsels vir die huis.

Vanjaar gaan meer as 5 000 stuks beeste, skape, perde en bokke in 23 kampioenskappe deelneem. Bring die kinders om tussen die landbouskoue na die diere te kyk of die passies van die skouperde te sien.

Talle kunstenaars tree op

Van die kunstenaars wat op die skou van 25 April tot 3 Mei gaan optree, sluit in Appel (30 April), Bernice West, Bok van Blerk (29 April), Die Piesangskille (25 April), Droomsindroom (25 April), Riaan Benadรฉ en Rikus Nel (28 April), asook Ryk Kleinhans (26 April).

Op Saterdag 26 April word die Bloem Classic-liggaamsboukompetisie, asook die armdruk-kompetisie, aangebied.

Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof van Bloemskou, het by die bekendstelling van Bloemskou 2025, met “Karnaval” as tema, gesรช dit is ‘n voorreg om weer hierdie skou aan te bied.

“Bloemskou is die grootste skou in die land en genereer sowat R60 miljoen vir die plaaslike ekonomie.

“Dit is belangrik om dankie te sรช aan almal wat werk om hierdie geleentheid te ondersteun en te laat groei,” het sy gesรช.

Besoek bloemskou.co.za vir kaartjiepryse en die volledige program vir vanjaar se Bloemskou.

Bloemskou het karnavaltema
Dit is vanjaar karnaval by Bloemskou, wat van 25 April tot 3 Mei duur. Die bekendstellingsgeselligheid is by Airborne Cafรฉ by Emoya gehou. Van links is John Melville (president van Bloemskou), Andy Thaele (Absa-streeksbestuurder) en Elmarie Prinsloo (uitvoerende hoof van Bloemskou). Foto: Lientjie Mentz

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article