BLOEMFONTEIN. Die internasionale para-atletiekbeampte Ernesta Strydom is Saterdag 23 Augustus by Sun City met ‘n eerbewys in die Suid-Afrikaanse Sport-eerbewyse vereer.
Dit is vanjaar die 18de keer dat Suid-Afrika se kampioene en die helde wat nie altyd so in die kollig is nie, vereer word.
Strydom, ‘n arbeidsterapeut by die Martie du Plessis-skool in Bloemfontein, het in 2024 haar vyfde Paralimpiese Spele as internasionale tegniese atletiekbeampte bygewoon en is vereer in die afdeling vir tegniese beampte vir die jaar in para-atletiek.

Sy is ‘n gekwalifiseerde internasionale tegniese beampte in Wรชreld- Para Atletiek (WPA) Vlak 4. Sy was ‘n beampte op die 2012 Olimpiese Spele in London, die 2016-spele in Rio de Janeiro en ook die 2021 Olimpiese Spele in Tokyo.
Sy was verlede jaar ook ‘n tegniese beampte by die Nasionale Kampioenskappe in Bloemfontein en ‘n internasionale video-skeidsregter op die Wรชreld- Para-kampioenskappe in Kobe, Japan.

In Desember was sy ‘n tegniese afgevaardigde by die World Abilitysport-jeugspele in Nakhon Ratchasima, Tailand.
Sy is die enigste vroue in Afrika wat hierdie kwalifikasie het.
Op die geleentheid is die swemmer Tatjana Smith aangewys as die Sportster van die Jaar en die mans 4x400m-aflosspan is aangewys as die span van die jaar vir hul deelname aan die Olimpiese Spele, vereer.




You must be logged in to post a comment.