Blink toekoms wag op speler

Die toekoms lyk blink vir Curro Kathu se Michaela Lamprecht (13) wat reeds provinsiale hoogtes op die tennisbaan bereik het.


Michaela Lamprecht

Michaela Lamprecht is ’n vurige speler op die tennisbaan. Foto: Verskaf

Die toekoms lyk blink vir Curro Kathu se Michaela Lamprecht (13) wat reeds provinsiale hoogtes op die tennisbaan bereik het.

Sedert 2016 het sy nog elke jaar provinsiale kleure in tennis verwerf en het vanjaar weer die Noord-Kaapse tennisspan gehaal.

Michaela sê sy was bevoorreg om vanjaar weer vir die o.14A- provinsiale tennisspan gekies te word, maar ongelukkig het die span nog nie dié jaar die geleentheid gehad om teen ander provinsies mee te ding nie.

“Ek is teleurgesteld dat tennisbyeenkomste uitgestel is. Ek weet dit is beter vir almal se gesondheid, maar ek hoop ook met my hele hart dat ek nog ’n geleentheid sal kry om saam met my spanmaats die Noord-Kaap op die tennisbaan te kan verteenwoordig.”

In 2018 het Michaela die streekstrofee ontvang vir die beste meisiestennisspeler. Sy het ook haar volle erekleure in tennis van 2017 tot 2019 verwerf.

Sy sê Daniel Gericke, haar afrigter, is ’n wonderlike tennisafrigter wat elke kind inspireer om net hul beste op die baan te vaar .

Haar oupa, Albie Louw, is haar grootste ondersteuner en het nog nie een van haar tenniswedstryde gemis nie.

In 2019 is sy as hoofmeisie van die Laerskool Kathu asook voorsitter van die verteenwoordigende raad van leerlinge (VRL) verkies.

Michaela glo dat ’n mens nooit kinders moet onderskat nie en dat alle kinders in staat is tot soveel meer as wat almal besef.

Michaela is die dogter van Jaco en Kerry-Anne Lamprecht.

Michaela Lamprecht

Hoewel tennis Michaela Lamprecht se groot liefde is, geniet sy dit ook om op die hokkieveld uit te draf. Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.