Die roete van Kimberley se parkrun-geleentheid strek oor ’n oop en uitgestrekte deel van die Rooifontein-wildsplaas aan ’n uithoek van die stad, en deelnemers kan dié 5 km om 07:00 op ’n Saterdag in rustigheid stap of draf. Saterdag (29/01) het die 284ste parkrun-geleentheid by Rooifontein plaasgevind, waartydens 13 deelnemers hul beste tyd aangeteken het. Die rekord vir mansdeelnemers word steeds deur Jacob Danster gehou, wat die afstand op 27 Augustus 2016 in 16:12 kafgedraf het. Leana Spies hou die rekord vir vroue. Sy het op 10 September 2016 die afstand in 20:31 voltooi. Enigeen kan aan ’n parkrun-byeenkoms deelneem, en ook kinders – selfs in stootwaentjies – is welkom. Deelname is gratis. Talle dorpe in NoordkaapBulletinse verspreidingsgebied bied parkrun-byeenkomste aan, onder meer Kathu, Upington en Jacobsdal.

Foto: Facebook Kimberley parkrun/Hector Mackay

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article